Hou goeie moed

Die getrieeng van die opwenwekker skeur deur die skemerdonker van die vroegoggendstilte en ruk my uit my half-bewustelose sluimertoestand.

Met oë half oop of half toe, hoe ookal dit mag sy, voel-voel ek in die donker vir my “corduroy”-broek wat iewers in my hangkas wegkruip.

Buite is dit vuil-donker want my oggendson is deur die winter gesteel vir iemand anders se somer .

Sukkel-sukkel kry ek uiteindelik die verlore broek van die draadhanger afgehaak, wat lankal sy driehoekvorm verloor het weens ses ander broeke se gewig.

Ek stuikelval lomp my voete in die broekspype in en hervat my soektog in die donker vir ’n gepaste hemp.

Die koffiekannetjie word op die gasstofie neergeplonk wat my geleentheid gee om van my draakasem ontslae te raak, waarmee ek byna vir vroulief omgeblaas het met my môregroet.

Met ’n skotteltjie water marsjeer ek badkamer toe.

Oudergewoonte skrop ek eers met die waslap die sand uit my oë en daarna was ek die “tanne”.

Die keteltjie jil met ’n skerp fluit en ek gehoorsaam sy roepstem.

Teen die tyd begin die horlosie se wysers al vinniger roer en ek moet jaag om klaar te kry.

Die kokende koffie word in my keel afgegooi en ek storm met derdegraadse brandwonde op my tong die dag binne.

By die kantoor arriveer die personeel vaal en vertoiingd .

Van 8vm tot 10vm verwyl ons die tyd met ditjies en datjies, biddend vir ’n verdere koppie koffie totdat die krag skielik aankom.

Almal vlieg vervaard op en papiere dwarrel die lug in soos elkeen skarrel om voor ’n rekenaarskerm te kom.

Uiteindelik net voor vyf is die laaste bietjie werk op datum en kan ons ons moeë liggame huiswaarts sleep.

Vroutjie is reeds op haar pos voor die gasstofie en die moontlikheid bestaan dat ons binne twee ure ’n romantiese etetjie by kerslig sal kan geniet.

Teen agtuur is beide ons en die mot moeg van staar na die kers se vlam en is dit weer tyd om badkamer se kant toe te staan met die nou bekende wasskotteltjie, om net die nodigste te was voor ons gaan inkruip…

Hoewel dit nie te erg klink nie, voel ons aan eie bas dat die realiteit van sonder krag klaarkom nie kinderspeletjies is nie.

Individue en organisasies betaal getrou hul rekeninge, maar moet boet weens finansiële wanbestuur van fondse deur die Lekwa Munisipaliteit.

Ons is woedend en soek ’n uitlaatklep vir ons frustrasie.

Al wat oorbly is om berusting te vind in die wete dat God elkeen van ons liefhet, die begeertes van ons hart en die behoefte aan ’n voortbestaan in die land wat Hy ons gegee het, ken.

Hou vas aan die wete dat die seisoen altyd draai en die oggendson sal terugkeer, hou goeie moed.

  AUTHOR
Wayne van der Walt
Editor

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other