Motorfietsryers maak harte oop

Lone Buddy MCC en ander instansies het geskenkies by Vrede-dam uitgedeel.

’n Feestelike atmosfeer het op 26 November onder die kinders van Vrede se jeugsentrum geheers.

Die motorfietsklub, Lone Buddy MCC, het Kersfeeswense waar gemaak terwyl die kinders die heerlike sonskyndag geniet het deur in die water by die Vrede-dam te baljaar.

Klublede het geskenke wat deur inwoners van Standerton ingesamel is, aan elke kind uitgedeel.

Die klub het almal bedank wat deur hul bydraes gehelp het om die dag ’n sukses te maak.

  AUTHOR
Antonette Keyter
Reporter

Latest News

COMMENTS

Top