Landties-dogters presteer op Carolina

Morgenzon Landbou Akademie se top vyf atletiekpresteerders is (voor) Zané du Plessis, Chantel Oosthuizen en Elizmarie Greyling. Agter is Liza Jansen van Vuuren en Martoinette Rautenbach.

Morgenzon Landbou Akademie se laerskoolatletiekspan het op Saterdag, 28 Januarie aan ’n vriendskaplike byeenkoms op Carolina deelgeneem.

Onder strawwe kompetisie het die dogtersatlete uitgeblink.

Die toppresteerders se uitslae is:

• Liza Jansen van Vuuren 0/11-gewigstoot, 770 ASA-punte.

• Elizmarie Greyling 0/12-150m hekkies, 735 ASA-punte.

• Zané du Plessis 0/12-150m hekkies, 713 ASA-punte.

• Martoinette Rautenbach 0/12-gewigstoot, 686 ASA-punte.

• Chantel Oosthuizen 0/13-200m hekkies, 669 ASA punte.

  AUTHOR
Antonette Keyter
Reporter

Latest News

COMMENTS

Top