BRIEF – Al die vlakke van regering ’n mislukking

As ’n staatsinstelling het Eskom ’n kredietbeleid om Lekwa toe te laat om R272-miljoen te skuld wat onverantwoordelik en uiters nalatig is.

In die plaaslike koerant word ’n lys van departemente genoem waar daar vakante poste is wat nie gevul kan word nie, want daar is nie geld nie.

Daar word van die raad verwag om ’n voorstel te maak hoe daar maandeliks ’n betaling gemaak sal word wat deur Eskom aanvaar moet word.

Indien daar nie van die ander departemente se begrotings oorgeplaas kan word nie, sal dit nie moontlik wees om enige betalings te maak nie.

As die krag, soos voorgestel, vir ’n paar ure per dag afgesit word, word die betalers en nie-betalers geraak.

Dit is die hofbevel.

As die krag aangeskakel word, word almal weer gelyk behandel.

Deur dié optrede moet ons aanvaar dat die skuld by Eskom maandeliks sal verhoog.

’n Moontlike oplossing is:

• Alle agterstallige rekenings moet permanent afgesny word.

• Al die amptenare wat nie die regulasies van die raad toegepas het nie, moet ook permanent afgesny word.

• Die raad wat hulle plig versuim het om toe te sien dat die amptenare hulle pligte noukeurig nakom, moet ook permanent afgesny word.

Met die verkoop van krag word daar ’n wins gemaak, maar as die nie-betalers krag kan gebruik as die krag aangeskakel word, sal daar nie geld beskikbaar wees om Eskom te betaal nie.

Die rekening sal net maandeliks groter word.

Die staat moet borg staan vir Eskom om lenings aan te gaan om te oorleef.

Die krag word duurder omdat Eskom onbekwaam is om dit te bestuur en die staat het geen beheer oor die staatsinstellings nie.

Met die kleinerwordende werkerskorps, werkloosheid en die groter aanwas sal die wat hul rekeninge betaal, se las net groter word.

Wat ’n groot mislukking na 23 jaar op die eerste, tweede en derde vlak van regering wat ons sien en beleef op ons dorp.

Dit is kommerwekkend vir ons en ons nageslag.

Danie Combrinck, VF+.

Die menings uitgespreek verteenwoordig nie die van die Standerton Advertiser of die Caxton-groep nie.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Ridge Times.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echohighvelderridgetimeslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top