AfriForum handig wenslys by munisipaliteit in

Die eerste fase van ’n skoonmaakprojek deur die AfriForum-tak van Standerton het reeds afgeskop.

AfriForum betrek die jeug van Standerton in ’n aantal van hulle projekte.

Die begraafplaas in Walter Sisulurylaan word stuk-stuk skoongemaak en mnr. Gerhard Moll het sy trekker vir die sny van die gras beskikbaar gestel.

Voetspore, ’n erfenisgebied op die Morgenzon-pad, is deur AfriForum se jeuggroep skoongemaak.

Daar word in die naby toekoms beplan om in samewerking met Laerskool Kalie de Haas se landsdiensgroep ’n veilige laaisone te verf.

Mnr. Leon Enslin, voorsitter van AfriForum Standerton, het gesê die laaisone is nodig vir kinders wat gebruikmaak van minibusvervoer sodat hulle veilig oor die pad kan beweeg.

Die eerste fase van AfriForum se skoonmaakprojek het by die begraafplaas in Walter Sisulurylaan begin.

’n Wenslys is op 28 Februarie aan die Lekwa Munisiapliteit oorhandig waarin die instandhoudings- en verbeteringsbehoeftes van die die dorp voorgelê is.

Straatname wat onleesbaar of naamloos is, verkeersligte wat nie werk nie, die oorgroeide parke en die toestand van rioolplase is op die lys aangeteken.

Mnr. Hillel Coetzer, streekskoördineerder Mpumalanga-Wes, het gesê dat die gemeenskap van Standerton moet saamstaan en die dorp skoon en netjies moet hou.

Hy is van mening dat dorpe wat verval tot mense lei wat na ander dorpe verhuis, inkomste en beleggers verloor.

Mnr. Coetzer het gesê Afri Forum onderneem om voortdurend druk op die munispaliteit te plaas sodat hulle nie hulle plig teenoor die dorp verder sal versuim nie.

Gemeenskapslede wat betrokke wil raak, kan hom by 072 947 2100 of mnr. Enslin by 076 565 0570 skakel.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Ridge Times.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

  AUTHOR
Antonette Keyter
Reporter

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echohighvelderridgetimeslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top