N.G. Kerk Wes-gemeente hou basaar

Die N.G. Kerk se Wes-gemeente bied ’n mini-basaar op 25 Maart aan.

Basaargangers kan hulle gereed maak om in die teetuin iets verfrissend te gaan geniet en dan die onderskeie stalletjies besoek.

Stalletjies sal ’n vleis- en snuffeltafel insluit met ander lekkernye soos pap, tjops, wors, sous en slaai, worsrolle, hoendersosatierolle, pannekoek, vetkoek, hoenderhamburgers en nagereg om aan te smul.

Vars vleis kan vooraf by mnr. Basie Saayman by 072 839 6165 bestel word sowel as die kerkkantoor by 017 712 3034.

Die koste verbonde aan privaatuitstallers beloop R100 per stalletjie en die kerkkantoor kan geskakel word om ’n stalletjie te bespreek.

Uitstallers moet onthou om hulle eie “gazebo”, stoel en tafel saam te bring.

Gesigverf vir die jongspan beloof om hulle aan die dag te herinner.

 

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Highvelder, Ridge Times.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

 

  AUTHOR
Marina Schoombee
Sub-Editor

Latest News

COMMENTS

Top