AfriForum in tweede fase van skoonmaakprojek

Die begraafplaas in Walter Sisulurylaan voordat AfriForum begin skoonmaak het.

 

AfriForum se tweede fase van hulle beplande skoonmaakprojek is aan die gang.

Die skoonmaakspan het op 7 Maart begin om die begraafplaas in Walter Sisulurylaan op te ruim.

“Meer selfdoeninisiatiewe moet deur gemeenskappe bestuur word om te verseker dat ons dorpe skoon en netjies is en ’n tuiste kan wees waar mense hulself wil vestig,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes, gesê.

Mnr. Leon Enslin, voorsitter van die Standerton-tak, het gesê dat AfriForum beplan om die begraafplaas in blokke te deel en borde op te rig wat aandui wie verantwoordelik vir ’n spesifieke blok is.

“Ons gaan gemeenskappe en ondernemings aanmoedig om by die permanente instandhoudingsprojek betrokke te raak om die begraafplaas skoon te hou,” het hy ook gesê.

AfriForum is dit eens dat agteruitgang van dorpe deur munisipaliteite se nalatigheid nie verder toegelaat moet word nie.

Hulle is ook van mening dat die antwoord daarin lê dat die gemeenskap saam moet staan om ’n verskil te maak.

Belangstellendes kan betrokke raak deur 071 209 2978 te skakel.

 

For free daily local news in the south, visit our sister newspapers Ridge Times and Standerton Advertiser.

For more news and interesting articles, like us on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

  AUTHOR
Antonette Keyter
Reporter

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echohighvelderridgetimeslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top