Inwoners moedeloos oor lekkende pyp vanaf November

Mnr. Viki Mtima is raadop met die water wat vanaf verlede November deur sy erf in Prevetstraat stroom.

Inwoners van Prevetstraat is raadop met water wat steeds deur hulle erwe stroom.

Volgens mnr. Viki Mtima stroom die water al vanaf verlede November deur sy erf.

Die water spoel nou ook deur drie ander erwe wat langs mnr. Mtima se woning geleë is.

Die inwoners het klaarblyklik die lekkende water telkemale sonder sukses by die Lekwa Munisipaliteit aangemeld.

Die munisipaliteit het wel in Januarie en Februarie opgedaag en gepoog om ’n pyp wat deel is van die hoofwaterlyn na Early Bird Farm te herstel.

Na bewering deur een van die inwoners het Early Bird ’n nuwe pyp gekoop om die herstelwerk te doen.

Die poging was onsuksesvol en die gat wat deur die munisipaliteit gegrawe is, is net so oopgelaat nadat hulle daar gewerk het.

Daar blyk twee groot lekke te wees.

Die lek by die Baumann- en Kameeldoornstraat-kruising het ’n slaggat gekolk waarin reeds ’n motor en ’n bus vasgesit het.

Die ander lek is waar die munispaliteit gepoog het om die stukkende pyp te herstel, maar die water stroom nou erger as tevore daar uit.

Mnr. Sam Mthetwa, bourekenaar, het gesê die nattigheid kan die fondasie en die struktuur van die huis verswak wat later tot ineenstorting kan lei.

Hy het voorgestel dat die inwoners ’n loodgieter ontbied en die rekening aan die munisipaliteit stuur.

Die Standerton Advertiser het ’n e-pos aan me. Thobeka Mtshiselwa, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, gestuur om navraag te doen oor waarom die pyp nie herstel word nie, maar het nog geen terugvoer ontvang nie.

Luister gerus na ’n video-opname van mnr. Viki Mtima op ons webwerf.

  AUTHOR
Antonette Keyter
Reporter

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echohighvelderridgetimesAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other