Lekwa gaan onverpoosd voort

Mnr. Vernon Coetzee wys na die elektrisiteitsmeter in sy huis.

Die Lekwa Munisipaliteit gaan onverpoosd voort om krag af te skakel.

Die Standerton Advertiser het in die uitgawe van 24 Februarie berig oor ondernemings en ’n inwoner wat verkeerdelik elektrisiteitsonderbrekings beleef het.

Die Kosmos Aftree-Oord se kragtoevoer is op 18 Februarie omstreeks 11vm onderbreek en eers omstreeks 5nm weer aangeskakel.

Na telefoonoproepe waar die 132KVA-kragopwekker moes diens doen, kon die tehuis weer ten volle funksioneer.

’n Herhaling van gebeure het hom op 16 Maart omstreeks 2nm afgespeel en die kragtoevoer was eers omstreeks 6nm herstel.

Die kragopwekker bedien die siekeboeg, die kombuis, bachelor- en eenslaapkamerwoonstelle, terwyl sekere woonstelle en meenthuise uitgesluit is.

Die probleem is gesetel in die ses rekeninge van die tehuis en ’n krediet van R33 286,89 en R111 273,92 is op hulle state soos op einde Desember aangedui.

Me. Paula Borges, bestuurder, het al skriftelik probeer om die krediete na hulle lopende rekenings oor te dra, met weinig sukses.

In nog ’n geval is mnr. Vernon Coetzee van Kosmospark se krag op 6 Maart afgeskakel.

Mnr. Coetzee het werk van die saak gemaak en die munisipaliteit se bevinding was dat hy sy krag onwettig oorbrug het met ’n gepaardgaande boete van R10 000.

Volgens hom het die munisipaliteit gesê hulle het sy krag in Februarie afgesit, ’n bewering wat hy ontken.

’n Afspraak met die munisipale bestuurder, mnr. Linda Tshabalala, op 9 Maart het nie gematerialiseer nie en mnr. Coetzee het op 30 Maart nog geen krag gehad nie.

Die Standerton Advertiser het op 14 Maart ’n e-pos aan me. Thobeka Mtshiselwa, woordvoerder van die Lekwa Munisipaliteit, gerig maar het teen druktyd geen terugvoer ontvang nie.

  AUTHOR
Marina Schoombee
Sub-Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echohighvelderridgetimeslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top