Teninke is ’n atleet vir die toekoms

Teninke van Niekerk sit tussen haar medaljes en trofees.

Die 10-jarige Teninke van Niekerk sal sorg dat die bekende atleet, Wayde van Niekerk, nie sy kop in skaamte laat sak nie,

Sy het Mpumalanga by die Suid-Afrikaanse Skole Atletiekkampioenskap vir laerskole verteenwoordig en in die 70m-hekkies vir D0/11 ‘n sesde plek behaal.

Teninke het vanaf 23 tot 25 Maart aan drie verskillende items in Potchefstroom deelgeneem en haar vernuf in die halfeindstryd in sowel die 80m- en 100m-afstande getoon.

Dié kranige atleet is verlede jaar as Laerskool Standerton se Atleet van die Jaar aangewys.

Haar ouers skryf haar sukses aan ‘n Godgegewe talent, harde werk en deursettingsvermoë toe.

“Sy het verlede Oktober daagliks, met die uitsondering van Sondae, vir vanjaar se seisoen begin oefen,” het me. Veronica van Niekerk, Teninke se moeder, gesê.

Me. Van Niekerk het bygevoeg daar haar dogter nie gedwing word nie, maar juis die sport liefhet.

Teninke van Niekerk aan’t oefen op die veld naby die huis.

Sy het ook haar afrigters, mnr. Riaan Viviers en me. Elsjé Greaves, uitgesonder, wat ook die tweede myl saamloop.

Teninke bewys haar nie slegs op die atletiekbaan nie, maar speel ook netbal en hokkie en druk haar stempel af op die laerskool se 0/11-A-netbalspan as hulpdoel.

“Ek is lief vir sport want jy kan vriende maak en fiks bly,” het Teninke gesê.

Sy geniet ook swem en om kwadfietse te ry veral wanneer sy haar vriend, wat op ‘n plaas bly, gaan besoek.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

  AUTHOR
Senamile Phungula
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echohighvelderridgetimeslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other