Statistiek oor plaasaanvalle skok

Die Transvaal Landbou Unie (TLU SA) het onlangs onrusbarende statistiek vrygestel wat die voortgesette voorvalle van aanvalle op die land se voedselprodusente op hul plase beklemtoon.

Die syfers dui aanvalle aan wat sedert die begin van die jaar nasionaal voorgekom het en voldoen aan kriteria wat deur die polisie gebruik word om plaasaanvalle te omskryf.

Volgens dié syfers was daar vanaf 1 Januarie tot 4 April vanjaar reeds 123 aanvalle wat met 26 moorde gepaard gegaan het.

In Maart alleen is 51 aanvalle aangeteken waarin ses mense vermoor is.
Elkeen van die gevalle is deur TLU SA bevestig.

Mnr. Henry Geldenhuys, adjunk-president TLU SA en nasionale voorsitter Veiligheid TLU SA, het gesê nie alleen is die syfers onrusbarend en skokkend nie, maar die toedrag van sake is ook uiters kommerwekkend.

“Dit is hoogtyd dat die regering nou ingryp en iets daadwerklik doen om die sinnelose moorde op die land se voedselprodusente te stuit.

Dit is nie alleen boere, of dan plaaseienaars as mens dit so wil stel, wat vermoor word nie, maar ook hul werkers word geteiken.

Saam vorm hulle ‘n span en saam produseer hulle kos vir die nasie.

Die ironie is dat selfs die aanvallers, moordenaars en regeringsamptenare wat sit en niks doen om die situasie te keer nie, afhanklik is van voedsel wat op plase geproduseer word.

“Die uitspraak van die nuwe Minister van Polisie, Fikile Mbalula, dat die polisie vuur met vuur gaan beantwoord en sy vasberadenheid om misdaad in die land vas te vat is lofwaardig, maar ons wil vra dat die polisie en die boeregemeenskap mekaar sal ondersteun en dat plaasaanvallers ook met vuur beantwoord sal word as hulle vuur wil uitdeel.

Dit is tog tot wedersydse voordeel van veiligheid en voedselsekerheid,” het hy gesê.

Mnr. Geldenhuys het weer eens ‘n beroep op die boerderygemeenskap gedoen om by bestaande veiligheidstrukture en plaaswag instansies in te skakel.

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echohighvelderridgetimesAutodealer.co.za
Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other