MLA-rugby toer na Namibië

Drie spelers spring baldadig.

Die eerste rugbyspan en 0/15-rugbyspan van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het onlangs na Namibië getoer.

Die spelers is deur ouers, onderwysers en afrigters vergesel.

Na ’n vlotvaart op die Oranjerivier, het hulle na Keetmanshoop vertrek, waar braaivleisvure hul ingewag het.

Met ’n verloor agter die blad en waardevolle lesse geleer, is na Swakopmund vertrek.

Walvisbaai was daarna die groot trekpleister op die reisplan met duine wat kafgedraf moes word.

Xander Gunter en Ruan Gouws het gou daarin geslaag en die afkomslag het vir humoristiese oomblikke gesorg.

Die hardste wedstryde op toer het voorgelê waar teen Pro-Ed Akademie, een van die top vyf skole in Namibië, meegeding is, hoewel die tellings nie die seuns se verbetering getoon het nie.

Nou wag die duine.

Vierwielmotorfietse tussen die duine het daarna gewag.

Elke speler, onderwyser en ouer kon soos kinders tussen die duine baljaar, gevolg deur ’n bootrit tot by die olieboor waar ’n mak rob, genaamd Cody, hulle vergesel en vir baie opwinding gesorg het.

Die dag is met ’n heerlike ete by die hawe afgesluit.

Tydens die wedstryde teen Walvisbaai het elke speler gewys wat in hom steek.

Outjo het daarna aan die beurt gekom, gevolg deur wedstryde teen Moria waar albei spanne hul harte uitgespeel het en die eerstespan met ’n gelykoptelling van 26 – 26 die veld verlaat het.

Die Etosha-panne was daana aan die beurt vir die volgende drie dae.

Daar kon in die groot swembad afgekoel word en wild by die watergat, sowel as ratels wat ’n draai by die kampplek gemaak het, tel onder die ondervindings.

Die laaste wedstryde was op Grootfontein wat as ’n leerkurwe gedien het.

Spelers wat met goeie spel uitgeblink het, was Willem Jordaan, Cobie Roux, Shaun Clifton Smith, Ferdie van Eeden, Kyle Coetzee, Wimpie Oosthuizen, Xander Gunter en Christo Ferreira.

Mnr. Alex Wehmeyer, hoof, is bedank vir al sy reëlings en harde werk om die toer ‘n sukses te maak, asook elke ouer vir hul ondersteuning en hulp, die borge vir hul bydrae en die busbestuurder wat die 6 000km aangedurf het.

Inligting verskaf deur MLA: Aangepas vir publikasiedoeleindes

Die grootpad lê voor.

  AUTHOR
Marina Schoombee
Sub-Editor

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

echohighvelderridgetimeslooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top