Morgenzon Landbou Akademie hernu ou bande

Henko du Preez van MLA versorg sy dier by 'n onlangse skou.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) en Jeugskou is al van vroegaf hand aan hand, om presies te wees, die vroeë negentigerjare.

Hulle het hoofsaaklik met melk- en vleisbeeste, asook skape en varke geskou en het geleenthede soos die Ermelo Wolfees, Standerton Skou, Royal Skou in KwaZulu-Natal en destydse WLG Skou by Nasrec bygewoon.

Die Standerton Skou en later ook Ermelo Skou se Jeugskoue het egter met verloop van tyd doodgeloop.

Die Jeugskou het uitgebrei en meer afdelings het bygekom naamlik Perde, Tuisnywerheid (Kulinêre Kuns), Suiwelbereiding, Pluimvee, Wedvlugduiwe, Sierduiwe en Konyne.

Selfs ‘n afdeling vir bye is ingesluit en nee, die bye is nie aan toutjies rondgelei nie.

 

 

Lees die volledige berig in vandeesweek se Standerton Advertiser.

Inligting: MLA

  AUTHOR
Marina Schoombee
Sub-Editor

Latest News

COMMENTS

Top