Man in hof oor naakfoto’s van minderjarige

‘n 55-jarige man het Maandag 11 April in die hof op Ermelo verskyn op aanklagtes van onsedelikheid en seksuele aanranding.

Die beskuldigde word daarvan verdink dat hy naakfoto’s van sy minderjarige stiefdogter geneem het.

Die saak is uitgestel tot Vrydag 22 April wanneer die beskuldigde weer in die hof sal verskyn vir ‘n formele borgaansoek.

  AUTHOR
Gerald Young

Latest News

COMMENTS

Top