Anneline as Hoëveldvrou van die jaar aangekondig

Me. Anneline Smith is onlangs by die Jaarlikse VLU-Konferensie as Hoëveldvrou van die jaar aangewys.

Me. Anneline Smith is ’n fenomenale vrou wat ’n groot rol in die VLU-Vaalrivier tak bekleë.

Sy is onlangs by die Jaarlikse VLU-Konferensie as Hoëveldvrou van die jaar aangewys.

Me. Smith het einde November 2003 uitgetree na ’n tydperk van 28 jaar se diens by een van die groot maatskappye in ons land.

Sy en haar eggenoot het na Standerton verhuis om uit die professie af te tree.

Omdat sy nog altyd iemand is wat graag nuwe dinge wil bemeester het sy besluit om by die VLU-Kaalspruittak aan te sluit.

’n Nuwe wêreld het vir haar oopgegaan en nodeloos om te sê het sy entoesiasties betrokke begin raak.

Dié voormalige ‘sekretaresse’ leer van brei, hekel, bak en vele ander dinge wat baie leersaam was.

Baie gou het sy besef dat VLU nie net ’n organisasie is wat jou uitdagende vaardighede leer nie, maar baie interessante praatjies gerig op vrou wees, maar ook van huidige omstandighede in ons dorp, streek en wêreld, aanbied.

Die lekkerste van alles is dat sy sommer ’n wonderlike vriendekring bygekry het wat in haar vreugdes en leed deel.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

  AUTHOR
Wayne van der Walt
Editor

Latest News

COMMENTS

Top