Vermeende Telkom-kabeldief op Standerton vas

Die koperkabel wat in besit van een verdagte in Baumannstraat gekry is. Foto verskaf.

Een verdagte in besit van gesteelde koperkabels is op 4 Oktober in Baumannstraat in hegtenis geneem.

Die ander verdagte het weggehardloop en is op vrye voet.

Volgens kapt. Fanie Nhlabathi, woordvoerder van die Standerton Polisie, behoort die koper aan Telkom.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

  AUTHOR
Alida Lake

Latest News

COMMENTS

Top