R8000-beloning vir Sky se terugkeer

Sky, die dienshond wat steeds soek is.

Sky, ’n dienshond vir ’n seuntjie in Dannhauserstraat in Meyerville, word naarstiglik na gesoek.

Dié Switserse herdershond is drie-jaar-oud en help die kind om homself te wees.

Volgens mnr. Jaco Wright het die hond hulle gesin se lewe verander en hul seun is baie geheg aan die hond na ’n traumatiese ervaring.

Mnr. Jan Truter het die hond destyds aan die gesin gegee en volgens hom is donasies van oral ontvang om Sky op te spoor.

Dit is van belang dat Sky aan die seuntjie met die oog op sy vordering terugbesorg word.

Sky het ’n mikroskyfie, asook ’n naamplaatjie, op ’n halsband.

Skakel mnr. Jan Truter by 071 605 1328 of me. Nelia Wright by 083 745 7295 of mnr. Jaco Wright by 083 301 3302 met enige inligting.

  AUTHOR
Alida Lake

Latest News

COMMENTS

Top

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Highvelder
RidgeTimes
Standerton Advertiser


Your details:


Your friends: